Roste berbrokkel, Nessies vorm
Hoogwatermerk, sonstilstandklip
Die spoor in die landskap getuig
Steeds van gister
Spore en merke wat ‘n boodskap getuig
Rietsirkels deur wind se wieg gevee
Gister oorbrug na more, in die spore in die klip
Rivier se loop
Reën se straalspore
Spoel springbokspoor en gogga dotjies weg
Vir oor-en-weer-daar-loop
Sleepspoor, inboor, watergang
Wortels wat inwurm
Tuseen klip, sand en steen
En verbrokkel, verbreek, vernuwe, vergeef.
Spore in die landskap
Deur wind, mens, dier en water
Merke gelos as boodskap vir more
Rotsverbrokkel, sonverbleik
Sand wat vorm en waai oor spoor
Tolbos se rol en sleespoor se strek
Oor duin en pad, ook tussen-in voor.
Gister oorbrug na more
In die spore op die land
‘n Klippie, ‘n sandkorrel
‘n Spoor in die grond
Weggewaai, weggespoel
Elke lyn weggesmee
‘n Steenkoolstuk, ‘n oliekol
‘n Smudge op die horison
Wegwas, wegspoel
Wat het ons gedoen?
‘n Insek klein, ‘n spesieweg
Nog ‘n kerfie op ‘n stok
Uitgewis, vergete
Waarmee bly ons oor?
Weggespoel, weggewaai, weggedra
‘n Lyn in die sand – die wind se kunswerk
Tolbos se rol oor pad, en mier se skarrel oor sand
Rotse se rolspoor teen bergheuwel sag
Kloutjies en spoortjies, krake in rots
Waterdrup se spoelpad en sonverbleik
Erosie oor tyd… Gister in modder vasgevang