landskap, hartland
vlaktes van gister se sond, wind en weer
oopgevlek vir die toekoms se woeker en weet
van wild leef en stilwees
en saamwees en lag
strandland, swartskaap
wegvee van spore deur wind se wieg
mynskag se sweepslag in doodstil dag
waar selfs tolbos en sonbesie
doodlê, wag
moederland, hartland
oggenwasem wat wegsmelt voor die son
waar ons langsaam voorsloer
en reik na die horison
terwyl sand by ons voete
verskroei, versag
landskap, moederland, strandland
gee my krag om te woeker en weet
dat more kan beter wees
kan vreugdevol wees
met oorvloed en vrede
elke dag lag
Gister verby
‘n tyd van hartseer
sonskyn weer terug
in ‘n tyd van vreugde
Die klank van ‘n lied
wat deur my hart gehoor word
na die stilte van twyfel,
van misverstaan en wanhoop
Gister verby
die illusie van rykdom
in ‘n wêreld waar rykwees
kom vanuit binne
Trippeltrap deur
die skuim op die sand.
‘n Nuwe hoop en glo en verstaan…
Gister verby
Kyk nie na more
want vandag gee genoeg
in vreugde en geloof vir gister, vandag en more.